Afrikaans bruiloftslied.


Kom luister naar mij
En staan op 'n rij,
Hier vlak voor di bruid, hand aan hand.
Kom nonnetjies nou
En patertjies gou,
En wijs hoe 't ons sing in ons land…(3 maal)
Kom nonnetjies nou
En patertjies gou,
En wijs hoe 't ons sing in ons land.

Geluk, man en vrouw'
Geluk op jul trouw'
Wens almal tesaam var jul twee.
Di koffi is klaar,
Di pudding is gaar,
Di ou nooi sal koek en têrt gee…..(3 maal)
Di koffi is klaar,
Di pudding is gaar,
Di ou nooi sal koek en têrt gee.

Nou, niggie en neef,
Al gaat dit hoe skeef,
Bewandel jul weg hand aan hand,
Met liefd' in jul hart,
In vreugd' en in smart.
"'t Sal alles reg kom" sê Jan Brand…..(3 maal)
Di liefd' in jul hart,
In vreugd' en in smart.
"'t Sal alles reg kom" sê Jan Brand.